Nuwe CD “EK MIS JOU SO VANAAND” is nou Beskikbaar!
Nadia Louw, ‘n gebore en getoë Kapenaar, het nie soos baie ander kunstenaars, van kleins af daarvan gedroom om eendag voor groot gehore op te tree nie…
Sy het in der waarheid eers op 17- jarige ouderdom begin sing - en dit heel toevallig. Soos kinders maar is, wou sy ook iets nuuts aanpak toe haar suster modelwerk begin doen het.
Sy het by ‘n musiekskool aangeklop vir lesse en binne die eerste week al op die verhoog verskyn in ‘n plaaslike sangkompetisie. Dit was die begin van ’n lang en interessante paadjie vir die ROOIKOP DIVA met ’n hart wat net wil sing!!!!
Nadia het die een kompetisie na die ander gewen en gedurende Julie 2000 het dié meisie met die sterk stem aan die World Wide Championships of Performing Arts in Los Angeles deelgeneem waar sy ‘n derde plek behaal het in die kategorie vir oorspronklike musiek. Kunstenaars van 48 lande het deelgeneem.
Terug in Suid Afrika het Nadia begin werk aan haar eerste album en met haar ouers se hulp is die eerste album, ”From ’n girl to a woman” opgeneem.
In 2003 het Nadia vir 8 maande lank in Gold Reef City se Globe Teater opgetree as deel van Richard Loring se produksie – The Great Pretenders. Hier het sy vir haarself naam gemaak en in ‘n aantal televisieprogramme en media publikasies verskyn. Nadia het ook verdere gevorderde professionele sangopleiding gekry by Delycia School of Music.
Nadia het al hoe meer begin optree by feeste, skoue en korporatiewe funksies en sy het vinnig ‘n bekende gesig onder van ons land se top kunstenaars geword. Sy het ook talle liedjies opgeneem op Kompilasie albums soosLangarmSokkieTreffers 7, GatswaaiTreffers en KookwaterTreffers Volume 2.
Tydens KKNK 2007 is Nadia genader deur Pierre van der Westhuizen van Maroela Musieken met groot opgewondenheid is daar begin praat oor die moontlikheid van ’n album. Nadia se loopbaan het skielik nuwe woema gekry en haar debuut album,”Plain Jane”is ’n jaar later vrygestel tydens KKNK 2008. Dit was die begin van Nadia se voltydse sang loopbaan!
Buiten Nadia se solo loopbaan is sy sedert 2009 deel van die produksieABBA Magic SA, wat gereëld by feeste en korporatiewe funksies optree.
Nadia het ook in 2010 saam met 3 ander kunstenaars die ’Want ons gee om’ projek begin wat hulle harte oopgemaak het vir ons land se senior burgers en van dorp tot dorp getoer het om die oues van dae gratis te vermaak.
Met honderde optredes agter die rug en die Plain Jane album wat al foos gesing, gespeel en geluister is, stel Nadia met trots haar splinternuwe album “Ek mis jou so vanaand” vry!!
Met hierdie album bewys Nadia weereens haarveelsydigheid as sangeres en ons glo die album sal almal se verwagtinge oortref.
Maak seker jy hou hierdie ROOIKOP DIVA dop, sy is dalk klein maar verseker getrain!




